[1] [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]
147:1 Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas! 147:2 Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is. 147:3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde. 147:4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name. 147:5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig. 147:6 Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe. 147:7 Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter; 147:8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit, 147:9 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep. 147:10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. 147:11 Die HERE het 'n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop. 147:12 o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God! 147:13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën. 147:14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring, 147:15 wat sy bevel na die aarde stuur- sy woord loop baie vinnig. 147:16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as. 147:17 Hy werp sy ys heen soos stukke- wie kan bestaan voor sy koue? 147:18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai- die waters loop. 147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. 147:20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!