[1]
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]
94:1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
94:2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
94:3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
94:4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
94:5 o HERE, hulle verbrysel u volk, en hulle verdruk u erfdeel.
94:6 Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
94:7 en sê: Die HERE sien dit nie, en die God van Jakob merk dit nie.
94:8 Let op, o onverstandiges onder die volk, en julle dwase, wanneer sal julle verstandig word?
94:9 Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
94:10 Sou Hy wat die nasies tugtig, nie straf nie- Hy wat die mens kennis leer?
94:11 Die HERE ken die gedagtes van die mense- dat hulle nietigheid is.
94:12 Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
94:13 om hom rus te gee van die dae van teëspoed, totdat die kuil vir die goddelose gegrawe word.
94:14 Want die HERE sal sy volk nie verwerp en sal sy erfdeel nie verlaat nie;
94:15 want die regspraak sal terugkeer tot geregtigheid, en al die opregtes van hart sal dit volg.
94:16 Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?
94:17 As die HERE vir my nie 'n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
94:18 As ek dink: My voet wankel- dan ondersteun u goedertierenheid my, o HERE!
94:19 As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig, dan verkwik u vertroostinge my siel.
94:20 Het die regterstoel wat onheil stig, met U gemeenskap; wat moeite versin teen die insettinge in?
94:21 Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
94:22 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.
94:23 En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
|