[1] [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]
73:1 'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is. 73:2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly. 73:3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien. 73:4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam. 73:5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie. 73:6 Daarom is die trots om hulle soos 'n halssieraad, die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. 73:7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor. 73:8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte. 73:9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde. 73:10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp. 73:11 En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees? 73:12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom! 73:13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas. 73:14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre. 73:15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders! 73:16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë, 73:17 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het. 73:18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val. 73:19 Hoe word hulle in 'n oomblik 'n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge! 73:20 Soos 'n droom nadat 'n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld! 73:21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was, 73:22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was 'n dier by U. 73:23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat. 73:24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem. 73:25 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. 73:26 Al beswyk my vlees en my hart- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid. 73:27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer. 73:28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.