[1] [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]
31:1 Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het: 31:2 Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê? 31:3 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie. 31:4 Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie; 31:5 anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges. 31:6 Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is. 31:7 Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie. 31:8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn. 31:9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige. 31:10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale. 31:11 Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie. 31:12 Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe. 31:13 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande. 31:14 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar--van ver af bring sy haar brood in. 31:15 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies. 31:16 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd. 31:17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig. 31:18 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie. 31:19 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas. 31:20 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige. 31:21 Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof. 31:22 Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper. 31:23 Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit. 31:24 Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars. 31:25 Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom. 31:26 Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong. 31:27 Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie. 31:28 Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar: 31:29 Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal. 31:30 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word. 31:31 Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poort.