[1] [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]
26:1 Maar Job het geantwoord en gesê: 26:2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp! 26:3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak! 26:4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan? 26:5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan. 26:6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie-- 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks; 26:8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur; 26:9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei. 26:10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig. 26:11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging. 26:12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab. 26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor. 26:14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?