[1] [1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]
5:1 Roep maar--is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan? 5:2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood. 5:3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek. 5:4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. 5:5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. 5:6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie. 5:7 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg. 5:8 Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê, 5:9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; 5:10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde; 5:11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk. 5:12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; 5:13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. 5:14 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag. 5:15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man. 5:16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe. 5:17 Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. 5:18 Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. 5:19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie. 5:20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. 5:21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. 5:22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie. 5:23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend. 5:24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie. 5:25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde. 5:26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd. 5:27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.